Ons is soos een groot familie - die personeel ken elke kleuter op die naam - elke maatjie tel!
- Baie spasie vir leer en speel
- Ons speelterrein is elke kind se droom!
- Liefdevolle personeel wat vir jare trotse Knikkie Knakkie-juffies bly.
- Die atmosfeer en samehorigheidsgevoel by die skool – gelukkige kleuters wat tuis en geborge voel
Oudleerders kom loer van tyd tot tyd in om te sien of die skool nog is soos hulle onthou. Ons het selfs 'n 2de geslag Knikkie Knakkie-maats. Hul ouers was ook vroeër gelukkige leerders en bring hul kinders sodat hulle dieselfde ervaring kan hê.
By Knikkie Knakkie verstaan ons dat dit uitdagend kan wees om jou kind by `n nuwe kleuterskool in te skryf.
Ons wil jou gerusstel dat ons al sedert 1988 `n kleuterskool is wat generasies se kinders versorg. By ons is elke kind spesiaal en klim ons sommer vinnig in hulle hartjies. Elke maatjie tel en voel geborge terwyl hulle speel-speel leer.